Toulouse

Toulouse

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (Admin. gewes) Oksitanië
 Département Haute-Garonne
 Koördinate 43°36′N 1°26′O / 43.600°N 1.433°O / 43.600; 1.433
 Stigting Voor 2de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 118,3 vk km
 Hoogte bo seevlak 141 (115-263) m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 493 465
 - Bevolkingsdigtheid 4 200/vk km
 - Agglomerasie 1 035 280
 - Aire urbaine 1 454 158
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Jean-Luc Moudenc (LR)
 Amptelike webwerf www.toulouse.fr

Toulouse (Oksitaans: Tolosa) is 'n stad in die suidweste van Frankryk, aan die oewer van die Garonnerivier en halfpad tussen die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See. Die metropolitaanse gebied van Toulouse is met 1,1 miljoen inwoners die tweede grootste in Suid-Frankryk en een van die vinnigsgroeiende in Europa. Die stad is die hoofkwartier van die grootste ondernemings in die Europese lug- en ruimtevaartnywerheid, soos byvoorbeeld Alcatel Espace, EADS Space en Airbus S.A.S. en 'n belangrike onderwyssentrum met meer as 100 000 studente.

Toulouse is die voormalige hoofstad van die historiese provinsie Languedoc, wat tot by die Franse Rewolusie bestaan. Vandag dien Toulouse as die hoofstad van die région (gewes) Languedoc-Roussillon-Midi-Pyrénées en die prefektuur van die département Haute-Garonne. As die setel van die Académie des Jeux Floraux, die eweknie van die Franse Akademie in die Oksitaanstalige gebiede van Suid-Frankryk, het die stad ook 'n belangrike sentrum van die Oksitaanse kultuur geword. Die tradisionele Oksitaanse kruis dien as die simbool van die stad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search